Unisa Press

Karretjiemense van die Groot Karoo

Vergete Afstammelinge van die vroegste Suid-Afrikaners

Author: Michael de Jongh
ISBN: 978-1-86888- 790-3
Number of pages: 244
This book is not available in electronic format

About the book

Die lewens van ’n voorheen vergete, onsigbare Eerste Mense van Suid-Afrika kom na vore in hierdie sensitiewe navorsingstudie. Die Karretjiemense is direkte afstammelinge van die vroegste inwoners van die grootste deel van die Groot Karoo – die /Xam (San/Boesman). Vandag, as rondtrekkende skaapsekeerders, ry hulle die dorre vlaktes van die Karoo kruis en dwars in hul donkiekarre, op soek na moontlike skeergeleenthede, en span langs die grootpad uit in hul oornagskuilings van sinkplaat, hout, goiingsakke en plastiek, waarvan die karretjie deel is.

Hierdie unieke studie is die resultaat van verskeie dekades se eerstehandse navorsing in die lewens en gemeenskap van hierdie swerwer-wandelaars, en hef die pleit van hierdie gemarginaliseerde deel van die Suid-Afrikaanse bevolking, die armste van die armes, uit.

Die kreatiewe aanpassing van die Karretjiemense by besondere haglike omstandighede in ’n uitdagende omgewing word geïllustreer in hul unieke bestaanswyse. In ’n lesersvriendelike narratief, bring Mike die Jongh nie net die storie van die Karretjiemense na die algemene leser nie, maar bied hy ’n dieper insig in die vroeë geskiedenis en omgewing van die Groot Karoo. Ter selfder tyd, sal studente van die geestes- en sosiale wetenskappe die materiaal toepaslik tot metodolgie en teoretiese kwessies in hierdie vakgebied ondervind.

Buiten ’n kleurvolle portret van ’n gemeenskap afgeskeep deur beide regerings- en nie-regeringsorganisasies, bevat hierdie boek ryk sosiologiese data, wat belangrike implikasies inhou vir beleidsbepalers in die sfere van opvoeding en ontwikkeling, sowel as in die domein van politieke besluitneming.

Table of content

Swerwers

Armste van die armes

Terminologie: ‘Boesman’, ‘Hottentot’, ‘Khoisan’, ‘Khoesan’, San, Khoekhoen, /Xam, Griekwa, Korana

Vreemdelinge in hulle eie land

Karretjie-agentskap

Karretjiemense en sigeuners

Terminologie: Nomade, peripatetici (wandelaars) en rondtrekkers (swerwers)

Om die Karretjiemense te bestudeer

  1. Karooswerwers: omgewing, konteks en die wording van die Karretjiemense

    Die tydperk voor mense

    ... en toe kom die mense

    Historiese tye – die koms van die Europeërs

    Colesberg

    Victoria-Wes

    Veranderende demografie

    Die wording van die Karretjiemense

    Persepsies en mondelinge oorlewering

    Historiese en prehistoriese getuienis

    Die Toverberg- en Hephzibahsending

    Die Griekwas, die Boesmans en die Karretjiemense

    Argeologiese gegewens

    Skaapboerdery: van kossoekers tot Karretjiemense

  2. Metodologie aan die beweeg: veldwerk onder die Karretjiemense

    Toetreding tot die veld: Strategiese en metodologiese oorwegings

    Swerwery, huishoudelike veranderlikheid en ontmagtiging:

    Uitdagings vir kwalitatiewe metodologie

    ... en swerfkinders

    Ten slotte: metodologie ‘uitgepak’

  3. Swerwery as ’n lewenswyse: vreemdelinge in hulle eie land

    Inleiding

    Mobiliteit

    Karretjiemense as swerwers

    ’n Lewenswyse

    Genderrolle

    Uitspannings

    Skeerdery

    Gevallestudie 9: Danster Witbooi se siklus van skeer-ekskursies

  4. Armste van die armes: identiteit, marginalisering en strategieë vir oorlewing van die Karretjiemense

    Inleiding

    Die vele gesigte van Suid-Afrikaanse armoede

    Karoo- ‘kultuur’ en die Karretjiemense

    Armste van die armes, die gevolge van ’n toegedeelde identiteit

    Tabel 1: Karretjieskeerders se tipiese uitgawes en inkomste (c. 1995)

    Ontwykende identiteite

    Strategieë vir oorlewing

    Strategieë en huishoudelike vloeibaarheid

    Gevallestudie 12: Emma Ackerman

    Ten slotte

  5. Swerwende leerders, leer om te swerf

    Inleiding

    Armoede, beleid en swerwerskeerders as potensiële leerders

    Leer as swerwers

    Gevallestudie 11: Simon en Marie Jacobs

    Kindertyd en opvoeding: Swerwende leerders

    Opvoeding vir swerwers

    Voorskoolse leer-omgewing program

    Gevolgtrekking: praktiese en etiese oorwegings

  6. Inheemsheid en sedentêrisme: Huidige realiteite, toekomstige vooruitsigte

    Inleiding

    Sedentêrisme

    Inheemse status